Atterbury Trust
Gemeenskapsprojekte
Elvis ry vir skoolgeld
Die “Elvis Ry vir Skoolgeld”-inisiatief het in 2024 die lig gesien toe Elvis Blue besluit het om sy fiets te gebruik om aandag te vestig op ‘n saak wat hom na aan die hart lê …
Kleuterskole voedingskema
Atterbury Foundation NPC is sedert 2023 aktief besig om chroniese wanvoeding onder jong kinders in Suid-Afrikaanse gemeenskappe te beveg. In samewerking met ons implementeringsvennote word toegesien dat hierdie kinders daagliks ’n voedingryke ontbyt ontvang ten einde hul fisieke en kognitiewe ontwikkeling oor die langtermyn te verbeter. Kinders word maandeliks gemonitor om akkurate statistiek ten opsigte van groeibelemmering te verkry. Verslagdoening vind elke ses maande per kind, skool en geografiese area plaas ten einde vordering te monitor.
Versnit
In die gees van omgee word daar reeds vir meer as ’n dekade in samewerking met Jean Engelbrecht van Rust en Vrede en finansiële ondersteuning van Lexus ’n praggeleentheid op die grasperk van die Rust en Vrede aangebied. Aan die einde van Januarie as die somer hoogty vier in die Kaap, kom die Vriende van Versnit op die lowergroen grastapyt van Rust en Vrede in Stellenbosch byeen om ‘n versnit van die beste Afrikaanse musiek, wyn en vriendskap te geniet. Deur middel van Versnit is daar reeds meer as R14-miljoen ingesamel om Atterbury Trust se uitgebreide welwillendheid te ondersteun.
Atterbury Acappella
By die Atterbury Trust lê drie kernaspekte ons na aan die hart: studente, gemeenskap en kultuur. Wat die Atterbury Acappella-kompetisie so spesiaal maak, is dat dit hierdie drie elemente op unieke wyse …
Atterbury Nasionale Klavierkompetisie
Die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie is in 2011 vir die eerste keer aangebied en is die enigste kompetisie waar jong Suid-Afrikaanse pianiste op nasionale vlak kan kompeteer.
MengNet
’n Netwerkgeleentheid vir jong vriende van Atterbury Trust wat in 2025 vir die eerste keer gehou word met die doel om ’n netwerk van ’n nuwe generasie leiers, entrepreneurs en …
Die Bosveld & Koffiebos
Die Bosveld is ’n inisiatief wat in samewerking met Faces Africa op die been gebring is om ’n buitelugavontuur en natuurbewaringspoging aan te wend in die omgewing van Pretoria …
Die Survivors Gholfdag
Die Survivor Gholfdag het tien jaar gelede ontstaan toe Gerhard van der Westhuizen en Rayno Strauss besluit het om iets daadwerkliks te doen om behoeftige kankerlyers met hul mediese onkostes te help …